Rylen Kirsten (met die bal) van die Griffons word uitgedaag deur die Cheetahs se Heinrich Theron. Die Griffons het hierdie wedstryd met 25 – 24 gewen. Foto: Verskaf

Spelers blink uit in kragmetings op rugbyveld

Rylen Kirsten (met die bal) van die Griffons word uitgedaag deur die Cheetahs se Heinrich Theron. Die Griffons het hierdie wedstryd met 25 – 24 gewen. Foto: Verskaf


Die Griffons se o.18-rugbyspanne het uitstekend gevaar in die jaarlikse Akademie- en Cravenweek-toernooi.

Albei toernooie het vroeg in Julie in onderskeidelik Johannesburg en George afgespeel.

In die Akademieweek-toernooi het die Noord-Vrystaatse span drie wedstryde gespeel en twee gewen. In die Cravenweek-toernooi het hy ook drie wedstryde gespeel en twee gewen.

In Johannesburg het die Griffons met 24 – 18 teen die Westelike Provinsie (WP) verloor, en die Haaie met 15 – 13 geklop. Teen die Vrystaat Cheetahs het die span met 25 – 24 gewen.

In die Cravenweek-wedstryde het die Griffons met 43 – 22 teen die Limpopo Blou Bulle gewen, met 22 – 50 teen die Luiperds verloor en Grens met 29 – 20 geklop.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article