Die Goudveld-Hoërskool se eerste meisieskrieketspan het die Hennenman T10-toernooi gewen. Die span het op 16 Oktober teen Welkom-Gimnasium gespeel en eerste gekolf. Goudveld het 145 lopies aangeteken, met die verlies van vyf paaltjies. Kolwers wat uitgeblink het, is Sami van Heerden (34 lopies van 41 balle), René Steenberg (26 lopies van 42 balle) en Weré Joubert (17 lopies van 11 balle). Die boulers wat hul stempel afgedruk het, is Sami van Heerden (twee paaltjies in drie boulbeurte), Tile Rantsie (twee paaltjies in vier boulbeurte) en Britney van Heerden (twee paaltjies in drie boulbeurte). Goudveld het Welkom-Gimnasium met 79 lopies geklop. Dié span het ook die SA 20-bekertitel in die Lejweleputswa-streek gewen, nadat ook Henties en Hennenman oorwin is. Die meisies het na die Vrystaat-eindspele in Bloemfontein deurgedring. Van links is, voor: Bella Kruger, Rene Steenberg en Kaela-Mari Keyser

Slaan ander spanne uit die park uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article