Teboho Aubrey Rampa van Welkom is trots op sy Echinocactus grusoni­i (skoonma-se-stoel) by sy huis in Jan Cellierspark. “Ons woon al ’n ruk hier en ons het die plant hier gekry. Dit was ’n spesiale plant wat ek nog nooit van tevore gesien het nie. Toe ek die vorige eienaars oor die plant uitvra, het hulle gesê dat hulle die plant in 1973 as ’n klein plantjie geplant het. Dit beteken dat dit vanjaar 50 jaar oud is, en dit is nog steeds vasgeanker in ons grond. Dit is vir my spesiaa­l. Wanneer my familie of vriende kom kuier, sê hulle ons moet agter kuier, want voor is daardie groot steekplant,” sê Rampa. Foto: Verskaf


Skoonma-se-stoel skrik gaste af

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article