Sit familie-tradisie voort

Giel en Sharon Oberholster se dogter Mikyla en skoonseun Christiaan de Kock het besluit hulle hou by die tradisie, en daarom het hulle klein Layla in die NG kerk Welkom-Noord laat doop – al beteken dit dat hulle al die pad van Sydney, Australië, moes kom. Dit is dieselfde kerk waar Mikyla gedoop en aangeneem en voorgestel is. Giel se pa, Giel Sr. , en ma, Cora, is ter ruste gelê in die gedenkmuur van dié kerk, en Giel is al 35 jaar ’n lidmaat hier. Hy is die eienaar van A&R Engineering in Welkom. Van links is Christiaan (met Layla), Mikyla, Sharon (ouma), Giel (oupa) en ds. Lood Oliver, wat die doop bedien het.Foto: Amanda-Louise Nel


Sit familie-tradisie voort

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article