‘n Western Mounted-spele-oefenskou, wat ook ‘n tradisionele boeresportdag sal insluit, word 14 Februarie by die De Land-plaas by Hennenman gehou.
Alle perde- en dansliefhebbers is welkom.
Daar sal ‘n prysuitdeling wees vir die beste ruiter en die mees pret deelnemer, waar beide talent en geesdrif gevier word.
Die dag sal afgesluit word met ‘n plaasskuur-dansparty – egte westerse styl.
Vleisbraaivure sal voorsien word, met pap en sous ingesluit. Gaste moet hulle eie vleis voorsien. Dít begin om 15:00.
Die Welkom Western Mounted-spele vereniging is in Oktober 2024 gestig, en is geaffilieer met die Suid-Afrikaanse Wild West-spele-vereniging.
“In 2025 by die SAWMGA-spele het Dakota Wild Heart weer bewys wat in hom steek en stof in ‘n paar perde se oë geskop,” sê Eugene Marais sy eienaar, en ruiter.

“Ons het op veteraan vlak 2, drie eerste plekke gekry, een vierde plek en algehele tweede plek in die afdeling veterane vir ‘birangle’.
“Ons het ook algehele vierde plek op vlak V2 behaal.
Hy verbeter al sy persoonlike beste tye by die nasionale kompetisie. Dank die Here vir die seën wat hy oor ons geplaas het,” sê Marais.





You must be logged in to post a comment.