Riool vloei in natuurlike hulpbronne veroorsaak moontlike siekte-uitbrekings in Matjhabeng

Matjhabeng riool krisis

Riool vloei in natuurlike hulpbronne veroorsaak moontlike siekte-uitbrekings in Matjhabeng


MATJHABENG – Die rioolkrisis in die Matjhabeng-munisipaliteit het in ‘n ernstige gesondheidskrisis ontaard. Riool vloei in natuurlike hulpbronne, strate en inwoners se eiendomme en veroorsaak siekte-uitbrekings.

Daar was die afgelope twee weke gevalle waar jong kinders vermoedelik as gevolg hiervan siek geword het. In een geval het vier patogene voorgekom: Rotavirus A, Campylobacter, EAEC (E. coli) en Cryptosporidium.

“Die teenwoordigheid van hierdie patogene dui waarskynlik op besoedelde water en ‘n ernstige gesondheidsrisiko,” sê Manie Pretorius, VF Plus-raadslid in Matjhabeng.

Hy sê die munisipaliteit se rioolinfrastruktuur is jare lank nie in stand gehou nie en inwoners word blootgestel aan menslike afval wat vrylik vloei.

Die VF Plus het in ‘n skrywe, gerig aan die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die munisipaliteit, dringende stappe geëis.

Die menseregtekommissie (MRK) het in sy 2024-verslag oor die stand van plaaslike regering in die Vrystaat bevind die munisipaliteit tree in stryd met die Grondwet en omgewingswetgewing op.

Die VF Plus meen dit is tyd vir optrede teen munisipale amptenare wat bydra tot die skending van grondwetlike regte.

LEES OOK: Klag nadat riool hier bly vloei

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article