Domonic Basson, NG Kerk St Helena

By meeste NG-gemeentes is Oktober die maand van die tiende dankoffer. By die St. Helena-gemeente fokus ons op die dinge waarvoor ons dankbaar is. Oktobermaand is ons maand van dankbaarheid.

Dankbaar vir mekaar, dankbaar vir God se liefde en sorg en dankbaar dat ons nog hier kan wees. Maar hoeveel van ons kan regtig uit dankbaarheid elke dag teenoor mekaar en die skepping leef? Meeste van ons word elke oggend wakker, trek ons klere aan, gaan werk toe en kom dan vanaand weer by die huis, elke dag dieselfde siklus.

Maar wat is die gesindheid wat saam met ons gaan? Is dit positief? ‘n Gesindheid wat dankbaar is vir die Here se genadige hand wat my deur die duisternis en onheil van die nag beskerm het om weer die dag aan te pak? Is dit dankbaarheid dat ek saam my geliefdes kan ontwaak en vinnig ‘n koppie koffie saam geniet voor werk?

Dankbaar dat ek wel ‘n werk het en ‘n manier om vir my familie en geliefdes te sorg? Beslis nie! Meeste van ons staan al hoe meer sukkelend uit die bed uit op en loop met ‘n suur gesigsuitdrukking wat lyk asof ons ‘n drie weke oue snoek op die grond raak geloop het. Getuig ons daaglikse lewens van dankbaarheid?

Maar sê die Heidelbergse Kategismus nie vir ons oor hoe ons in dankbaarheid moet leef nie?

Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?

Dalk kan ons hierdie Oktober maand ge-bruik om ons gesindheid teenoor die Here en mekaar te verander. Om uit dankbaarheid elke oggend vir Hom wat vir ons alles gegee het op te staan en te leef en diensbaar te wees vir sy koninkryk. Dankbaar vir die Here vir sy troue sorg en liefde daagliks, dankbaar vir mekaar deur al die goeie en slegte tye en dankbaar vir die skepping waarop ons saam kan leef en God loof en prys.

■ Ds. Domonic Basson is van die NG Kerk St Helena

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article