Réno Myburgh neem deel met ‘n Lexus V8 motor. Foto: Verskaf

Déno Myburgh was skaars 18-maande oud toe sy pa, Hennie, hom vir die eerste in ‘n knortjor gesit het.

“My doeksak agter my rug en my voet met ducktape aan die pedaal vasgemaak,” vertel Myburgh van sy eerste ondervinding met motorresies, dit wat later sy lewenspassie sou word.

Hy was twee jaar oud toe hy sy eerste wedren gewen het.

Myburgh sê dat hy langs die baan groot geword het.

“Ek is so sê ek is basies daar gebore. “My pa ry al baie jare, en my belangstelling in ovaalbaan is nie net belangstelling, dit is ‘n manier van lewe,” sê hy.

Déno Myburgh was skaars 18-maande oud toe hy vir die eerste keer in ‘n go-kaart gery het. Foto: Verskaf

Op Saterdag 3 Julie tydens die nasionale kwalifisaeerende rondte by die Randfontein-renbaan het hy tweede geëindig vir die aand.

Myburgh neem deel in ‘n Lexus V8 motor.

Welkom het al die jare sy eie unieke ovaalbaan gehad, en met die ontwikkeling van die Phakisa is ‘n wêreldgehalte baan daar gebou. Intussen het alles het alles tot niet gegaan.

Myburgh sê hy behoort aan die Kroonstad-ovaalklub aangesien Welkom nie meer ‘n baan het nie.

“Ek neem oor die land heen aan wedrenne deel, en het al drie Suid-Afrikaanse nommers oor die jare heen gekry. Ek gaan op 29 en 30 Augustus weer aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Bloemfontein deelneem”.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article