Vanjaar word die 27ste Vista-Odensia-aandreeks vir laerskole-rugby en -netbal aangebied.
Die eerste wedstryde word op Woensdag 11 Maart by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus gespeel, met die eindstryde wat op Donderdag 19 Maart beslis word.
Die skole wat gaan deelneem, is: die Welkom-Volkskool, Laerskool Koppie Alleen, Aurora Primary School, Laerskool Bothaville, Laerskool St Helena, Kingdom Academy, Brandwag-Volkskool, Laerskool Senekal, Laerskool Hennenman, Harmony Primary School, St Dominic’s College Primary, Welkom Prep, Laerskool Nelsdrif, Laerskool Riebeeckstad, Laerskool Voluit en die Laerskool Sandveld.
Dié gewilde jaarlikse sportbyeenkoms beloof om weer baie opwinding vir rugby- en netbalspelers, asook die publiek, in te hou.

Piet Odendaal, hoof van Odensia, sê in sy boodskap dat die skool dankbaar is om nog in ‘n posisie te wees om die gewilde reeks aan te bied.
“Vanjaar is die geleentheid weer daar sodat elke rugby- en netbalspeler dit kan geniet en mooi vriendskappe en goeie herinneringe kan bou.”
Odendaal verwelkom al die deelnemers, ouers en ondersteuners by die 27ste Vista-Odensia-aandreeks vir laerskole-rugby en -netbal.
“Kom geniet die vyf dae van rugby en netbal. Kom wees deel van die feestelike atmosfeer,” nooi Odendaal.
Hy sê die geleentheid vir die kinders in die Goudveld en omgewing kan nie plaasvind sonder die verskeie betrokkenes se bydrae nie.
“Ons opregte dank aan die Goudveldgemeenskap wat Odensia ondersteun en sodoende daartoe bydra dat die geleentheid aangebied kan word. ‘n Spesiale woord van dank aan ons hoofborg, Vista (Novus Media Gemeenskapnuus). Ook aan die onderskeie skole wat gaan deelneem.”
Odendaal sê die skool gaan dit weer so opwindend as moontlik vir die deelnemers maak sodat dit ‘n geleentheid gaan wees wat elke deelnemer kan koester.
“Ons sien daarna uit om al die deelnemende spanne hier te ontvang.”
“Dankie aan al die afrigters, en ook elke skeidsregter wat bereid is om die wedstryde tydens die aandreeks te hanteer. Ons waardeer jul bereidwilligheid. Ek wil graag weer eens die klem plaas op ons dankbaarheid dat ons met die samewerking van baie mense die geleentheid kan aanbied. Ons waardeer die Gouveldgemeenskap,” sê Odendaal.

ting teams at the Vista-Odensia Rugby and Netball Night Series for 2026. We are so excited to have you here to enjoy your skills and talents. My wish is that you will enjoy the excitement during the five days at Odensia. Hope you enjoy the excitement of the games and the tasty eats at our food stalls. Let’s make this a night to remember. Good luck to everybody.









You must be logged in to post a comment.