Die erg ontbinde lyk van ’n onbekende man in sy laat 40’s by die Sandriver-brug by Virginia Saterdag 7 Oktober omstreeks 16:00 ontdek. Hy het ’n groen broek, ’n swart t-hemp, ’n vlootblou baadjie en wit Adidas-tekkies aangehad. Hy het ’n baard, en ’n silwer ring aan die linkermiddelvinger gehad.

Verskaf

’n Geregtelike nadoodse ondersoek is deur die polisie begin nadat die erg ontbinde lyk van ’n onbekende man, wat vermoedelik in sy laat veertigerjare was ten tyde van sy dood, by die Sandrivier-brug by Virginia gevind is.

Die lyk is op Saterdag 7 Oktober omstreeks 16:00 ontdek.

Die man het ’n groen broek, ’n swart T-hemp, ’n vlootblou baadjie en wit Adidas-tekkies aangehad.

Hy het ’n baard, en ’n silwer ring aan sy linkermiddelvinger, gehad.

Die polisie soek nou na sy familie vir uitkenningsdoeleindes.

Enigeen met inligting wat met die ondersoek kan help, kan 057-910-8282 of 082-301-3062 skakel.

Inligting kan ook deur die Stop Misdaad-nommer gedeel word by 086-001-0111, of op die My SAPS-App.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article