Hi sorry I have a conflicting appointment, apologies🌻
Die eerste krieketspan van Welkom-Gimnasium het op Saterdag 25 Oktober ‘n oortuigende oorwinning teen die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem behaal

Die eerste krieketspan van Welkom-Gimnasium het op Saterdag 25 Oktober ‘n oortuigende oorwinning behaal toe hy die span van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem met nege paaltjies geklop het.

Bethlehem het eerste gekolf en kon slegs 115 lopies in sy 34 beurte aanteken, danksy ‘n stewige boulvertoning deur Gimnasium se spelers.

Henru Heiberg en Aiden Hewitt was uitstaande met die bal en het elk drie paaltjies geneem om die besoekers onder druk te plaas.

Gimnasium het daarna met selfvertroue gekolf en die teiken in 25 beurte verbygesteek.

Munro Heiberg het met ‘n puik beurt van 53 lopies die ankerrol in die oorwinning gespeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article