Inwoners van Odendaalsrus sit sedert verlede week met gereelde kragonderbrekings nadat ‘n hoofsubstasie in die dorp uitgebrand het.

Inwoners ervaar sedertdien voortdurende aan-en-af-elektrisiteitstoevoer.

Die Matjhabeng-munisipaliteit kan nie die volle om-vang van die skade bepaal nie omdat daar nie voldoende toegang tot toepaslike toerusting is nie.

Infrastruktuur is vervalle

Matjhabeng se elektrisiteits-infrastruktuur in dorpe soos Welkom, Odendaalsrus, Virginia, Hennenman, Allanridge en Ventersburg verval weens jare van swak instandhouding, diefstal en vandalisme. Volgens die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelings-plan (GOP) vir 2026-’27 word sowat R104 miljoen benodig vir opknapping en herstelwerk aan Odendaalsrus se elektrisiteitsnetwerk.

Ongeveer R85 miljoen hiervan hou direk verband met gesteelde en gevandaliseerde infrastruktuur.

Die munisipaliteit benodig ook sowat R914 miljoen vir die herstel van gesteelde en gevandaliseerde substasies in Welkom; R65 miljoen vir Allanridge; en R22 miljoen vir Bronville.

Tientalle miljoene rand word benodig

Tientalle miljoene rand word verder benodig om gesteelde kabels, beskadigde netwerke

en vervalle infrastruktuur te herstel.

Manie Pretorius, VF Plus-raadslid in die Matjhabeng-munisipaliteit, sê die burgemeester, Thanduxolo Khalipha, het op verskeie beleggingsberade en mediakonferensies beloftes laat hoor oor eleggingsgeleenthede in Matjhabeng.

Volgens Khalipha het vorige berade sowat R40 miljard se beleggings opgelewer.

Volgens Khalipha het vorige berade sowat R40 miljard se beleggings opgelewer.

Daar is egter geen volledige openbare verslag oor hoeveel van hierdie geld gerealiseer het, waarheen geld gegaan het of watter projekte voltooi is nie.

Die VF Plus het in 2025 gevra vir ‘n volledige verslag oor die beleggingsberade sedert 2022. Die terugvoering is steeds uitstaande.

■ Lees ook op bl. 2 nog munisipale nuus, met die Nala-munisipaliteit wat met uiteenlopende uitdagings te kampe het. Nala bedien onder meer Bothaville en Wesselsbron.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article