Die polisie het die gekaapte vragmotor gevind en daarop beslag gelê

LinkedIN

Man in hegtenis geneem ná kaping van vragmotor in Thabong


Die Welkom K9-eenheid het Sondag (13/08) ’n verdagte in Thabong in hegtenis geneem nadat ’n kaping daar plaasgevind het.

Daar is glo op die slagoffer geskiet.

Die polisie het die gekaapte vragmotor gevind en daarop beslag gelê.

Dwelms en apparaat vir die gebruik van dwelms is by die verdagte gevind.

Hulle het ook vragmotor­sleutels, ’n 9 mm-vuurwapen met 13 patrone, die selfoon van die slagoffer en ’n vragmotorbattery by hom gekry.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article