Die Bultfontein het ‘n jaarlikse instelling geword. Dié liggiefees-en-straatmark vind op Vrydag 5 Desember voor die Bult-aftreeoord in Bultfontein plaas. FOTO: Marti Will

‘n Liggiefees-en-straatmark vind op Vrydag 5 Desember voor die Bult-aftreeoord in Bultfontein plaas.

Die verrigtinge begin om 16:00 en duur tot laataand.

Die vooraansig van die aftreeoord word met duisende liggies opgetower en dit sal dié aand aangeskakel word.

Feesgangers sal by  ongeveer 40 stalletjies kuier, twerwyl hulle die liggiefees geniet.
Feesgangers sal by ongeveer 40 stalletjies kuier, twerwyl hulle die liggiefees geniet.

Die liggies sal dan vir die res van Desember aangeskakel bly.

Die straat voor die aftreeoord word vir die aand afgesper en in ‘n reuse-teetuin omskep.

Daar sal ongeveer 40 stalletjies wees en ‘n groot verskeidenheid Kersgeskenke sal te koop aangebied word.

Baie kosstalletjes sal daar wees, en benewens die teetuin sal ‘n restaurant met braaivleis-etes, pannekoek en poedings, asook talle ander kos-stalletjies daartoe bydra om die innerlike te versterk.

‘n Rits vermaakaktiwiteite word vir die kinders gereël, asook spesiale stalletjies met roomys, spookasem, stokwors en baie ander lekkernye.

Musiek, sang en orkeste sal deurlopend vermaak verskaf.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article