Van links is Ansie Smit, Annelene van Schalkwyk, Lee Ann Buitendach, Lorette Pienaar en Marike Louw. Foto: Marti Will

Saterdag 18 Oktober was Nasionale Tuindag, en om die geleentheid te vier is ‘n ope tuin by die huis van matriarg Leonore Bremer (90) in Hennenman gehou.

Leonore is bekend vir haar Ludwig’s Rose, Leonore Bremer LUDpipoque(P). Die roos is in haar eer vir haar 88ste verjaardag in 2023 gekweek.

Die ope tuin is gehou om geld vir die Rushof-outehuis in Hennenman in te samel. Besoekers van oor die Goudveld en Vrystaat het die tuin besoek en die blomprag daar bewonder.

Tjaardt van der Walt, bekende tuinboukundige, was ook daar en het besoekers meer vertel oor die Leonore Bremer-roos.

Die Hennenman-tuin is een van drie wat die bekende Bremer-matriarg kweek en koester in Suid-Afrika.

Leonore Bremer en haar vriende en familie het Nasionale Tuindag in haar ikoniese tuin in Hennenman geniet. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article