WELKOM. Vene Roodt, ‘n leerder van Welkom-Gimnasium, het as lid van die Bloemfontein-kinderkoor (BCC) aan die Lente-koorkonsert deelgeneem.
Dié konsert, wat op 27 September in die ML Spiessaal van die Meisieskool Oranje plaasgevind het, was ‘n ware viering van kinderkoormusiek in Suid-Afrika. Drie vooraanstaande kinderkore het die verhoog gedeel: die Kaapstad-kinderkoor, die BCC en die senior koor van die Laer Meisieskool Oranje.

Elke koor het met ‘n unieke program beïndruk, en die konsert is afgesluit met ‘n massakoor-uitvoering van Jacob Narverud se “Sisi Ni Moja” – ‘n lied wat die boodskap van eenheid en saamhorigheid op treffende wyse oorgedra het.
Die BCC toer in Desember na België, waar die koor Suid-Afrikaanse koormusiek internasionaal sal verteenwoordig tydens ‘n reeks Kerskonserte.



You must be logged in to post a comment.