Die Hanekammers kuier een keer per maand waar daar gekuier, geklets, geëet, speletjies gespeel, uitstappies gereël en vleisbraaigeleenthede gehou word. Sprekers word ook genooi om oor interessante onderwerpe te praat. Die betrokkenes sê die byeenkomste is “soos ’n vitamiene vir die liggaam en ’n pleister vir die siel”. Belangstellendes in die Goudveld is welkom om by die Hanekam-familie aan te sluit. Bel Moller by 082-383-1956 of Van der Westhuizen by 084-991-2005. Die bestuurskomitee is van links Dottie Burger, Nols Schoeman, Daan de Ru, Martie Moller en Elsie van der Westhuizen. Foto: Antoinette Schoeman


Kuier saam soos familie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article