‘n Verdagte (26) is deur die Valke in Welkom se ondersoekeenheid gemoeid met ernstige korrupsie in hegtenis geneem en van korrupsie aangekla ná ‘n geheime operasie op 2 Februarie in Virginia.

Dié ondersoekeenheid het op 28 Januarie inligting ontvang oor beweerde korrupsie wat ‘n aanlegbestuurder by die Bloemhoedskraal-sonkrag-aanleg in Virginia betrek.

Die verdagte het na bewering maandelikse kontantbetalings van R10 000 van ‘n subkontrakteur oor vier maande afgepers, met die dreigement om die kontrakteur se masjinerie te verwyder as betalings nie gedoen word nie, met ‘n algehele bedrag van R50 000 betrokke.

Hawks arrest

Voorlopige ondersoeke wat deur die projekbestuurder gedoen is, het bykomende beweerde slagoffers van soortgelyke afpersing aan die lig gebring. Hy het ook vasgestel dat die verdagte onlangs ‘n tweedehandse voertuig vir R130 000 kontant gekoop het.

Die saak is vir verdere ondersoek by die Valke aangemeld, en ‘n geheime operasie ingevolge die Strafproseswet is op 30 Januarie deur die Direkteur van Openbare Vervolgings (DOV) gemagtig. Tydens die inhegtenisname van die verdagte is twee Samsung-selfone en kontant ten bedrae van R10 000 gekonfiskeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article