Ons almal weet dat liefde ‘n prys kos – n goeie een’. Wat ek nie altyd wil hê of doen nie kos ook ‘n prys, maar as ek liefde kies, dan kry ek meer deel van my lewe.
As osn sou kon kies om onbetrokke te leef, sounons ‘n lewe van gevoelloosheid en harteloosheid kies, maar dit is nie hoe die Here ons geskep het nie.
Ons is gemaak om lief te hê en om onsself te gee. Daarom kos liefde ‘n prys wat ons lewens meer sinvol maak. Liefde bring droefheid mee wanneer ons geliefdes ly en sterf. Dit bring teleurstelling mee wanneer diegene naby aan ons ons in die steek laat.

Ware liefde soos ons lees in 1 Korintiërs 13:4-7 sê:
“Liefde is geduldig, liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Liefde handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie. Liefde is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Liefde verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Liefde bedek alles, liefde glo alles, liefde hoop alles, liefde verdra alles.”
Dit hou vol. Dit begin weer en weer, vir die hoeveelste keer.
In 1 Johannes 4:8-10 lees ons: “God is liefde. Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Hierin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.”
LEES OOK: Hierdie liefde maak ons werklikwaar oorwinnaars in alle dinge
Oor en oor vat die Here se liefde die pad na ons hart toe. Dit roer ons hart se diepste snare gedurig met medelye vir ander. Dit maak dat ons jammer kry en omgee. Dit maak dat ons uit ons dop kruip om te dien. Dit maak dat ons aanhou, selfs al is die teleurstellings en die hartseer wat hiermee gepaard gaan soms ondenkbaar groot.
LEES OOK: Waarde van liefde onskatbaar
Liefde het ‘n prys, maar dit is ‘n goeie een om te betaal.
Mag ons in hierdie feestyd God se groot liefde vir ons opnuut weer ervaar. Weet Jesus is die rede vir ons seisoen—Hy laat ons nooit—Hy is lief vir jou. – Heidi McLaren, Jeugleraar, NG Bedelia






You must be logged in to post a comment.