Die Freddies-hengelklub het op 13 Oktober ’n klubkompetisie by Aldam gehou. Madeline Vorster was eerste in die vroue-afdeling, gevolg deur Barinda Botha (tweede plek) en Estelle Haasbroek (derde plek). In die mans-afdeling was PK Haasbroek eerste, gevolg deur Heinrich Weiss (tweede plek) en Robert Vorster (derde plek). In die junior afdeling was Ruben Louw eerste, gevolg deur Terenzo Maree (tweede plek) en Nicus Engelbrecht (derde plek). Die swaarste sak is deur PK Haasbroek gevang, met ’n gewig van 16,78 kg. Die grootste spesie vir die dag was ’n baber van 5,99 kg, en is deur Willem Louw gevang. “Ondanks die nat weersomstandighede het vangste mooi uitgekom,” sê Barinda Botha. “Baie geluk aan al die wenners.” Belangstellendes wat by die Freddies-hengelklub wil aansluit, of net as besoekers wil deelneem, kan Estelle Haasbroek (voorsitter) by 082-833-1409 of Madeline Vorster (sekretaris), by 071-729-7621 bel vir meer inligting. Van links is, voor: Ruben Loue en Nicus Engelbrecht; agter: Madeline Vorster, Barinda Botha, Estelle Haasbroek, PK Haasbroek, Heinrich Weis en Robert Vorster.
Katrol grotes in
Marti Will
|

Katrol grotes in
Marti Will
|

NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Related Articles
-

Freddies hengel by Verlatenskraal
Freddies-hengelklub het Verlatenskraal op 18 Maart aangepak. Daar was verskeie wenners in die verskillende klasse…
by
Marti Willon
-

Eer vir SA op internasionale vlak
Vier dansers van die Vibez-dansstudio in die Goudveld het Suid-Afrika onlangs in Poreç in Kroasië…
by
Marti Willon
-

Danspassies verseker topprys
Die dansers van Amanda’s School of Dance het op 8 Junie aan die Dance Face…
by
Vistaon
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.
