Die danseres van Amanda’s School of Dance het in die Dance Face Challenge-kompetisie goed presteer. Van links is, voor: Odette Steenkamp, Zurika Smith, Mienke Coetzee, Elissa du Plooy, Liza Conradie, Novelle Potgieter en Paige Wheeler

Danspassies verseker topprys

Die danseres van Amanda’s School of Dance het in die Dance Face Challenge-kompetisie goed presteer. Van links is, voor: Odette Steenkamp, Zurika Smith, Mienke Coetzee, Elissa du Plooy, Liza Conradie, Novelle Potgieter en Paige Wheeler

Die dansers van Amanda’s School of Dance het op 8 Junie aan die Dance Face Challenge-kompetisie deelgeneem.

Hulle het die medaljes ingeryg, onder meer: 1 diamant, 2 platinum, 9 goud, 14 silwer en 6 brons.

In die afdeling vir ses- tot agtjariges het Novelle Potgieter ’n eerste plek behaal, en Elissa du Plooy ’n tweede plek.

In die afdeling vir nege- tot 11-jariges het Mine Maritz ’n eerste plek behaal, en Imke Scholtz ’n tweede plek.

Kayleen de Lange is tweede in die afdeling vir 15- tot 17-jariges, en Mart-Ané Claassen was derde.

In die afdeling vir dansers 18 jaar en ouer is Shané Coetzer die wenner, AC Claassen tweede en Lorraine Coetzee derde.

Die trofee-wenners is:

  • beste akrobatiese vorm Best Acrobatics – Tshegofatso Moroenyane;
  • beste energie en styl Best Energy and style – Janie Vivier;
  • beste ingesteldheid en styl Best Attitude and Style – Novelle Potgieter;
  • beste balletdanser Best Overall Ballet – Zurika Smith;
  • beste moderne danser Best Overall Modern – Mart-Ané Claassen;
  • beste jazz-danser Best Overall Jazz – Mienke Coetzee;
  • beste akrobatiek-danser Best Overall Acro – Miné Maritz;
  • beste hip hop-danser Best overall Hip Hop – Shané Coetzer; en
  • hoogste telling Best overall score of the day – Shané Coetzer.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article