Chanique Wilkens, ‘n leerling van Welkom-Volkskool, is reeds vir twee jaar agtereenvolgens die Suid-Afrikaanse kampioen in gewigstoot.

Hierdie jaar het sy vir die eerste keer aan spiesgooi deelgeneem en het daarin geslaag om ‘n indrukwekkende tweede plek by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te behaal.

Sy het aan die SA Kampioenskappe te Germiston deelgeneem vanaf 20 tot 22 Maart.

Haar gewigstoot-afrigter is haar pa, Kobie, terwyl sy in spiesgooi afgerig word deur Jan du Toit.

Chanique is die kleindogter van die afgetrede stoeier, Jan Wilkens.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article