Every Saturday
The weekly parkrun takes place at 08:00 at the St Dominic’s College sports field at 85 Jan Hofmeyr Road. Walk, jog, run or volunteer. Access via the Volks Road entrance.
29 November
Dietjies en Daaitjies Kersmark word by die Poskantoor-sentrum in Allanridge gehou. Dit begin om 08:00 tot laat. Daar sal kosstalletjies wees asook kuns, handgemaak en pret vir die kinders. Staanplek vir stalletjies kos R50 elk. Kontak 082 477 9365 vir meer inligting.
29 November
Huis Ougoud hou ‘n potjiekoskompetisie vir geskenkdag. Die ingang is R500 met spanne van 4 tot 6 mense wat kan deelneem, Huis Ougoud sal ook die aand sy liggies aanskakel. Skakel 065 596 7457.
5 Desember
Die NG Moedergemeente Riebeeckstad bied op ‘n mini-basaar aan. Almal is welkom om dit by te woon.
‘n Groot verskeidenheid eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word soos wegneemetes, pannekoek, koek, vleis en vele meer. Die basaar sal by die kerk, op die hoek van Ernst en Artemisstraat in Riebeeckstad plaasvind van 17:30 tot 20:00. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor weeksdae van 09:00 tot 12:30 by 057-388-2697
Kontak vir Vista met nuus
Kontak Vista met inskrywings oor konserte, leefstyl-werksessies, optredes van kunstenaars en gassprekers en ander geleenthede ten bate van nie-winsgewende organisasies. Hierdie onligting word gratis in Vista se dagboek geplaas. Stuur inskrywings met inligting, asook kontakname en -nommers, na marti.will@novusmedia.co.za.



