Die Laerskool Hennenman se netbalspanne trek vanjaar ’n splinter­nuwe “baadjie” aan. Nuwe spandrag is op 5 Maart deur borge aan die netbalspelers oorhandig. Die skool het daarvan ’n spoggerige geleentheid gemaak, deur verteenwoordigers van die borge te nooi om die geleentheid by te woon. Die gedagte hiervan was: Elke skool is net so sterk soos sy ondersteunings-netwerk. Die spelers van die eerste span is van links, voor: Bella Roos, Lizandrie Vorster en Mia Niemann

Glimlag breed oor spandrag

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article