‘n Man is vir kaping en die roof van ‘n groot aantal sigarette en tabakprodukte in Welkom in hegtenis geneem. Foto: Niu Niu/Unsplash

Eiendom teruggekry

‘n Man is vir kaping en die roof van ‘n groot aantal sigarette en tabakprodukte in Welkom in hegtenis geneem. Foto: Niu Niu/Unsplash


’n Man is vir kaping en die roof van ’n groot aantal sigarette en tabakprodukte in Welkom in hegtenis geneem.

Lede van die Welkom-polisie se K9-eenheid is op 1 Augustus ingelig oor ’n kaping wat blykbaar in Jasonsweg in Riebeecksta­d, Welkom, plaas­gevind het.

Die polisie het saam met ’n private sekuriteitsmaatskappy ’n soektog begin, en die gekaapte voertuig is hierna in die Thubelitsha-gedeelte van Thabong gevind.

Al die voorraad is uit die voertuig verwyder.

Later is ’n tweede voertuig in Mashelestraat in Oppenheimer Park, Thabong, met die ge­steelde voorraad daarbinne, gevind.

’n Buitelander (43) is vir kaping en die besit van vermoedelik gesteelde artikels in hegtenis geneem.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article