A 37-year-old foreign national was arrested in Welkom for possessing R20 000 worth of drugs after police intervention.
A suspected drug dealer was arrested with drugs worth an estimated street value of R20 000. Photos: Supplied

Die polisie in Welkom het ‘n 37-jarige buitelandse burger in hegtenis geneem nadat dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R20 000 in sy voertuig gevind is.

Op 8 Augustus het die polisie inligting ontvang oor ‘n man wat dwelms uit sy voertuig verkoop.

“Die inligting is geoperasionaliseer en die voertuig is gesien waar dit in die Welkom-middestad geparkeer is. Die Welkom K9-eenheid is geaktiveer en ‘n soektog is uitgevoer,” sê sers. Palesa Thabana, woordvoerder van die Lejweleputswa-polisie.

In die voertuig het die polisie ‘n swart plastieksak met dwelms ontdek. Hulle het op 46 gram kristalmetamfetamien (tik), 34 blokkies kokaïen, 19 Mandrax-tablette en R1 500 kontant beslag gelê.

Hulle het ook die verdagte se voertuig − ‘n Volkswagen Polo − in beslag geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article