In Johannes 12:26 lees ons: As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.
Vandag wil ek graag ’n gedig deel. ’n Gedig wat ons laat beleef dat waar ons is, maak ons ’n verskil; om ’n verskil te maak nie met wat ons het nie, maar wie ons is.
Dat ek en jy vir ons Vader kan vra om met my hande, my vingerafdrukke, ’n omgee vir ander te laat beleef:
“Oral waar ek gaan – laat ek vingerafdrukke na.
“Oral waar ek aanraak, op borde, op mure en op boeke.
Daar is nie wegkom kans nie. Waar ek vat, plaas ek ’n teken van my identiteit.
“Help my Here, om vandag waar ek oral gaan, hartafdrukke na te laat.
“Hartafdrukke van regverdigheid en deernis, van begrip en liefde, van barmhartigheid en belangstelling.
“Afdrukkke van hartlike vriendelikheid en opregte betrokkenheid.
“Mag my hart ’n ander hart aanraak en ’n afdruk van U liefde laat!
“En as iemand sou sê: ‘Jou aanraking het my vandag versterk’ , laat hulle weet dat dit U Liefde was, wat hulle deur my ervaar het.”
Ons elkeen is deel van mekaar se lewens. Ons hou ons oë op Jesus en ons volg Hom na. Ons weet dat waar ons gaan, gaan Hy saam met ons. Ons kan Sy omgee, met mekaar deel in Gebed van Augustinus “God van ons lewe, daar kom dae wanneer die laste wat ons dra ons skouers skaaf en ons neerdruk, ons hart eensaam is en ons siel moedeloos word.”
Laat dan U lig skyn op ons pad.” Mag ek en jy dan ons vingerafdruk deel maak. Deel maak om Hoop te gee.) Heidi McLaren is van die NG Bedelia-Oase Gemeente.


