Nuriza Celliers, afrigter van die o.12-netbalspan: “Elke wedstryd bied vir ons spelers ’n geleentheid vir groei en sukses. Laat die vlam van passie vir sport brand en laat dit julle dryf om te presteer. Wees saamgesnoer, werk as ’n span en wys die gemeenskap wat julle kan doen. Every team is not just a team, every­one participating is an ambassador of our community.” So laat ons elke oomblik omarm en elke wedstryd uitdraf met ‘n onversetlike gees.


Afwagting vir die 25ste jaarlikse Vista-Odensia-aandreeks is in die lug.

Die rugby- en netbal­wedstryde word op 6, 7, 11, 12, 14 en 16 Maart by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus aangebied.

Dit beteken ses dae se opwinding vir die streek en sy kinders.

Skole van oor die Noord-Vrystaat gaan wedywer vir die titel van topskool in netbal en rugby.

  • Sien die volledige program op bl. 16 en die Odensia-nuus op bl. 18 en bl. 19. Vista is al 25 jaar die hoofborg van dié aandreeks.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article