Afwagting vir die 25ste jaarlikse Vista-Odensia-aandreeks is in die lug.
Die rugby- en netbalwedstryde word op 6, 7, 11, 12, 14 en 16 Maart by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus aangebied.
Dit beteken ses dae se opwinding vir die streek en sy kinders.
Skole van oor die Noord-Vrystaat gaan wedywer vir die titel van topskool in netbal en rugby.
- Sien die volledige program op bl. 16 en die Odensia-nuus op bl. 18 en bl. 19. Vista is al 25 jaar die hoofborg van dié aandreeks.




