Die gemeenskap van Allanridge is dankbaar teenoor die Matjhabeng-munisipaliteit se vullisverwyderingspan wat die vullis in Allanridge gaan haal. “Hulle is altyd stiptelik, vriendelik en veiligheidsbewus. Terwyl ons die vieringe teen die einde van Vrouemaand afsluit, wil ons ook hartlike waardering uitspreek teenoor die vroue wat so hard werk in ’n omgewing wat deur mans oorheers word. Aan elkeen: Jou pogings, krag en ywer word baie bewonder,” sê Jessica Nel, DA-raadslid. Van links is Abram Mosala, Regina Sale, Qusheke Ncebakazi en Sarah Kobela (bestuurder). Foto: Jessica Nel


Gereelde vullisverwydering in Allanridge en ‘vrouekrag’ word waardeer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article