Juah Janse van Rensburg, kaptein van Goudveld-Höerskool se eerste seuns hokkiespan:
Die opgewondenheid op ons skoolterrein neem toe namate ons jaarlikse derby nader kom. Dié wed-stryd is meer as net ‘n sportgeleentheid, dit is ‘n tradisie wat trots, spanwerk en ware gees weerspieël. As kaptein is dit vir my ‘n groot voorreg om saam met my spanmaats hierdie geleentheid aan te pak.
‘n Derby word nie net gewen deur talent nie, maar deur hart, trots en die bereidheid om vir mekaar te veg tot die laaste fluitjie. Wanneer ons speel, dra ons nie net ons kleure nie , ons dra die trots van elke ondersteuner, afrigter en leerder saam.
Onthou, druk maak diamante. Speel met moed, vertrou mekaar en geniet elke oomblik van hier-
die derby. Laat ons bekend staan as ‘n span wat nooit opgee nie en altyd met respek en passie speel.




