Carla De Jonge, kaptein van die Goudveld-Höerskool se eerste meisiehokkiespan:
Ek dra ons wapen met trots en voel bevoorreg om saam met so ‘n spesiale groep meisies die veld aan te pak. Hierdie seisoen het ons gewys wat dit beteken om hard te werk, vir mekaar op te daag en nooit op te gee nie.
Ek staan met volle vertroue agter my span en ek weet elke speler gaan alles gee wanneer ons die veld vir die derby betree. Ons speel nie net vir onsself nie, maar ook vir elke eerste span wat voor ons gekom het en vir dié wat nog eendag hierdie kleure sal dra.
‘n Groot dankie aan Juf. Roxy en Coach Mash vir al die tyd, moeite en ondersteuning wat hulle in ons belê het om ons tot hier te bring. Meer as enigiets is ons dankbaar vir die geleentheid om te kan speel en ons skool te verteenwoordig. Alle eer aan God vir elke geleentheid en elke herinnering wat hierdie seisoen vir ons gebring het.
Ons is reg en opgewonde vir wat voorlê. Baie sterkte aan elke speler wat aan Derby 2026 deelneem, ons staan bankvas agter die blou.




