Michelle van der Westhuizen, kaptein van Goudveld-Hoërskool se eerste netbalspan:
Van die begin van die jaar af sien ek al uit om die derby te speel. Ná verlede jaar se wedstryd teen gimnasium voel ek, en elkeen in die span, dat ons ‘n punt het om vanjaar te bewys. Die span het gegroei deur die jaar en ek is opgewonde om ons goeie spangees en vordering vir almal by die derby te wys. Ek het vertroue in my spanmaats en ek weet dat as ons op die baan gaan, gaan ons mekaar dra en tot die einde toe veg.
Omdat dit my laaste derby is gaan ek my alles gee, soos wat ek met elke wedstryd doen, om dit onvergeetlik te maak.





