Tian Harmse, kaptein van Goudveld-Höerskool se eerste rugbyspan:
Ons span het gedurende die voorseisoen baie hard gewerk om onsself fisies en geestelik voor te berei vir die uitdagings van die jaar. Al was daar moeilike tye gedurende die seisoen, het die span in elke wedstryd tot die einde geveg en nooit opgegee nie. Elke oefening en wedstryd het bygedra tot ons groei as spelers en as ‘n hegte span. Deur toewyding, dissipline en spanwerk het ons groot vordering gemaak hierdie seisoen. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die derby en is gereed om ons skool met trots, passie en volle oorgawe te verteenwoordig.




