Manie Pretorious, VF Plus raadslid

Toestande by Thusanong-distrikhospitaal blootgelê


Die jongste krisis in die Matjhabeng-munisipaliteit, waar personeel en pasiënte van die Thusanong-distrikshospitaal in Odendaalsrus sonder stabiele elektrisiteitstoevoer oor die weg moes kom, is deel van ‘n groter verval van dienslewering oor die munisipaliteit heen.

Groot dele van Odendaalsrus, Hennenman, Virginia en ander dorpe is die afgelope week deur voortdurende kragonderbrekings getref weens swak instandhouding van die kragnetwerk.

Die situasie het só ernstig geraak dat pasiënte weens ‘n gebrek aan suurstof na ander hospitale oorgeplaas moes word

Manie Pretorius, VF Plus-raadslid in Matjhabeng, sê die situasie het só ernstig geraak dat pasiënte weens ‘n gebrek aan suurstof na ander hospitale oorgeplaas moes word.

Die kragkrisis het ook ‘n direkte invloed op watervoorsiening. Volgens Vaal Sentraal Water is watervoorsiening aan onder meer Welkom, Odendaalsrus, Hennenman, Phomolong, Ventersburg, Wesselsbron en Monakeng negatief geraak ná Eskom-kragonderbrekings by die De Erf-pompstasie.

Die VF Plus glo dat bevoegde bestuur noodsaaklik is om Matjhabeng se verval te keer en dienslewering te herstel.

■ Lees ook die berig op bl. 8.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article