‘n Groep swemmers van die Goudveld het op Sondag 7 Februarie aan die Midmarmyl-uitdaging deelgeneem.
Hierdie gewilde oopwaterswembyeenkoms, waarop swemmers hul staal in die Midmardam by Howick in KwaZulu-Natal toon, word jaarliks deur deelnemers van oor die land heen bygewoon.



Met meer as 12 000 swemmers wat oor die naweek in die onderskeie nommers ingeskryf was, het dié uitdaging weer die skaal en betekenis van die Midmarmyl as toonaangewende sportgeleentheid beklemtoon.
Op Vrydag 6 Februarie is geswem vir welwillendheid, gevolg deur die verskillende pret-swemnommers Saterdag.
Die groot uitdaging is Sondag aangepak.
Vir die swemmers van Welkom was die fokus nie op prestasie nie, maar op deelname en volharding.
■ Lees ook die berig op bl.12.






You must be logged in to post a comment.