Wat ‘n brose begin in die hoësorgeenheid (NICU) was, het op Woensdag 14 Januarie vir twee graad 1’tjies uitgeloop op ‘n trotse nuwe hoofstuk saam as skoolmaatjies. FOTO: Marti Will

Wat ‘n brose begin in die hoësorgeenheid (NICU) was, het op Woensdag 14 Januarie uitgeloop op ‘n trotse nuwe hoofstuk vir twee gr.1-leerders aan die Primêre skool in Welkom.

Saam is hulle in die Welkom Mediclinic gebore, en op 14 Januarie het hulle saam, in dieselfde klaskamer, hulle skoolloopbaan begin.

Daar het Woesdag bykans 100 nuwe graad-een gesiggies by dié skool aangemeld, en onder hulle was Nicko Loggenberg en Lizé Blom, twee maatjies wat reeds sedert hul geboorte ‘n besonderse band deel.

Saam is Nicko en Lizé in die Welkom Mediclinic gebore, en op 14 Januarie het hulle saam, in dieselfde klaskamer, hulle skoolloopbaan by die Primêre Skool Naudeville in Welkom begin
Saam is Nicko en Lizé in die Welkom Mediclinic gebore, en op 14 Januarie het hulle saam, in dieselfde klaskamer, hulle skoolloopbaan by die Primêre Skool Naudeville in Welkom begin

Nicko, gebore op 29 Januarie 2019 in die Mediclinic Welkom, het agt dae in die hoësorgeenheid deurgebring. Lizé, gebore op 31 Januarie 2019, is vir tien dae ook daar versorg.

Woensdag begin dié twee voormalige “klein vegters” hul skoolloopbaan saam in die klaskamer van juffrou Lezandi Naudé.

Nicko is die seun van Nicko en Elizma Loggenberg, en Lizé die dogter van Sias en Lizandé Blom.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article