9 Augustus

Erfdeel NG-gemeente hou van 09:00 tot 14:00 ‘n basaar. Heerlike etes, nagereg, pannekoek, vars gebakte produkte, rou vleis, vars groente en vrugte en ‘n verskeidenheid lekkergoed sal te koop aangebied word. Vir die kinders sal daar gelblasters, springkastele, ‘n troetel-dier-tuin, die Cheetah-trein en ander aktiwiteite wees.

Die Flamingo Rotary-klub en Goldfields Hospice se 36ste gholfdag vind by die Oppenheimer-gholfklub in Welkom plaas. Die formaat is vierbal-alliansie-kiesspel (fourball alliance scramble drive). Dit kos R350 per speler en dit sluit halfweg-verversings in. Vir meer inligting oor die dag of om te bespreek, kontak die Oppenheimer-gholfklub by 057 353 2131 of Audra Visser by 083 639 6982 of Dulcie Harris by 074 899 4164.

15 August

Praise and Worship Night at the Swalukrans venue in Virginia, at 18:00. Free entry. Dial 083 923 9884 for more information.

20 August

The Goldfields Hospice Association’s annual general meeting at 18:00 at the Welkom MediClinic’s boardroom, Meulen Street. Dial 057-353-2152 for more information.

22 Augustus

Die opvoering Ouma is op pad vind by die Goudveld-Hoërskool in Welkom plaas. Daar is ‘n 13 jaar ouderdomsbeperking. Die opvoering sal om 18:30 begin. Dit kos R250 per persoon wat ‘n ete insluit. ‘n Kurkfooi van R50 sal geld.

28 August

The last of six Anglo Gold Ashanti pension and medical aid meetings will be held at the Welkom Retirement Village in Peridot Street (12:00 to 13:00) and Huis Oranje in Gimnasium Street (10:00 to 11:30). Call Ronnie Barlow-Jones on 083 308 5530 for more information.

30 Augustus

Die NG Moedergemeente Riebeeckstad sal ‘n gholfdag by die Brand Mashie ten bate van die kerk aanbied. Dit kos R200 per speler wat ‘n halfweg-ete insluit. Spelers slaan om 09:00 en 13:00 af en pryse is op die spel. Formaat is IPS. Skakel 082 339 0939 of 083 725 3798.

Inskrywings oor konserte, kuns- en leefstyl-werksessies, optredes van kunstenaars en gassprekers, vroue-oggende, manne-aande en ander geleenthede ten bate van nie-winsgewende organisasies word gratis in Vista se dagboek geplaas. Stuur inskrywings met inligting, asook kontakname en -nommers, na marti.will@novusmedia.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article