Hier is van Despatch Atletiekklub se lede (agter van links) Evan Labuschagne, George Botes, Helgard Potgieter (voorsitter) by Paul Barnes, eienaar van Despatch SuperSpar en atlete Ruan Welgemoed en Leon Weitsz. Voor is Bonita Weitsz, Maudy Botes en Ischke Lambrechts.

Foto:YVETTE JONKER

Min padwedlope is die afgelope jaar aangebied en daar is groot opgewondenheid oor Despatch Atletiekklub se tiende Despatch SuperSpar 10km wedloop wat Saterdag op dié dorp gehou word.

Atlete spring om 07:00 vanaf Despatch SuperSpar in Dr Rabiestraat weg. Dit is ook die eindpunt van die padwedloop.

Almal wat die wedloop voltooi sal medaljes ontvang met kontantpryse vir die onderskeie kategoriewenners.

Inskrywingsvorms vir die padwedloop is beskikbaar by Despatch SuperSpar of bel Helgard Potgieter by 084 606 5601 of Yvette Jonker by 073 507 9042.

Virtual Big Walk for Cancer 5km

Dit is ook Saterdag die Virtual Big Walk for Cancer 5km en daar is ‘n spesiale roete op die dorp deur die atletiekklub uitgemeet met pienk merkers vir enige iemand van die publiek wat graag aan die wedloop wil deelneem.

Daar sal egter geen waterpunte of beamptes op die 5km roete wees nie en die publiek kan enige tyd deur die loop van die dag die roete op hulle eie tyd voltooi.

– UITGEREIK: DESPATCH ATLETIEKKLUB

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article