Die Despatch Atletiekklub hou hul jaarlikse wedloop weer Saterdag, 30 September om 07:00 vanaf die SuperSpar op Despatch.
Dit is ’n vinnige en plat 5km en 10km roete, wat geskik is vir oud en jonk. Stappers is ook welkom en daar is baie gelukkige trekkings wat SuperSpar geskenkbewyse en ’n bergfiets insluit.
Atlete kan Vrydagaand by die SuperSpar op Despatch inskryf vanaf 18:00 tot 20:00 en dan Saterdagoggend by die wedloop vanaf 05:30.
Die Despatch mans atlete gaan dan ook soos die afgelope drie jaar, die nasionale DareDevil Run wat geborg word deur Hollard, ondersteun deur op Vrydagmiddag, 13 Oktober, deur die strate van Despatch te hardloop in hul pers speedos ten bate van kankerbestryding.





