Junie is die tyd om wild te gaan by die Oos-Kaap se gunsteling gesinsfees – die SPAR Kirkwood Wildsfees!
Ervaar drie dae van lewendige vermaak en pret vir die hele gesin, van Vrydag, 28 Junie tot Sondag, 30 Junie 2024, in die Karoo-dorpie Nqweba (Kirkwood), net ‘n halfuur se ry vanaf die Nelson Mandelabaai-metro.
Sluit aan by die “boeresport met perde” aksie, ontdek natuurwonders in die Walk on the Wildside markiestent, snuffel deur meer as 300 spesialisstalletjies, smul aan tradisionele geregte, ontspan saam met vriende, dans saam met meer as 24 van die land se gunsteling kunstenaars en haal op met die jongste ontwikkelings in landbou, buitelugtoerusting en nuwe voertuie by drie van die provinsie se grootste ekspo’s – alles ingesluit by die toegangsfooi.
Vir meer inligting gaan na www.wildsfees.co.za




