KRAGONDERBREKINGS is nie net ’n groot ongerief nie, maar is ook lewensbedreigend vir mense soos Chris van Nieuwenhuizen, wat afhanklik is van suurstof vir hul oorlewing.

Chris van Nieuwenhuizen van Despatch het permanente skade aan sy longe opgedoen weens COVID-19 en is 24-uur per dag afhanklik van sy suurstofmasjien.

Chris van Nieuwenhuizen was voor hy COVID-19 opgedoen het ’n sportiewe man. Hier het hy aan ’n fietswedren deelgeneem. Foto’s: VERSKAF

Chris, ’n inwoner van Despatch, het permanente longskade weens COVID-19 en moet gevolglik permanent aan ’n suurstofmasjien gekoppel wees.

Volgens sy suster, Cathy Crouse, hou die gereelde kragonderbrekings op Despatch lewensgevaar vir Chris in omdat die suurstofmasjien in dié periodes buite werking is, daarom bied sonkrag, opgewek deur sonpanele, die beste oplossing.

’n Second Breath Steakbraaigeldinsamelingsveldtog word op 3 September om 18:00 by Innibos Lapa gehou vir die aankoop van sonpanele en die installering daarvan as alternatiewe kragbron vir Chris.

Kaartjies is R100 per persoon en daar is ook wegneemetes vanaf 19:00 beskikbaar.

  • Vir bestellings bel Cathy by 083 235 6339.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article