Bergsig se voorste atlete is reeds druk aan die oefen. Hier gee Caleb Scharnick die aflosstokkie vir Jayden Stuurman aan. FOTO: VERSKAF

In ’n eerste vir Kariega hou die Bergsig Skool ’n groot aflosbyeenkoms op 19 September op sy skoolgronde.

Inge Deysel, ’n departementshoof by die skool wie se inisiatief dit was, sê dis die eerste byeenkoms van sy soort, maar die plan is om dit ’n jaarlikse instelling te maak.

“Daarom hoop ons om op 19 September met ’n bang weg te spring. Ons uitsluitlike doel is om ons aflosbyeenkoms ’n gewilde saamtrek op die Oostelike Provinsie se sportkalender te maak,” sê sy.

Alle laer- en hoërskole, klubs en besighede in Gqeberha, Despatch en Kariega word genooi om inskrywings te doen.

“Ons hou duimvas dat veral Gqeberha se deelname ons van ’n susksesvolle byeenkoms sal verseker.

“Die byeenkoms beloof om ’n dag vol pret te wees met kameradie en vriendskaplike deelname.

“Daarom moedig ons almal aan om spanne saam te stel en die dag saam met ons te kom geniet. Besoekende skole, klubs en besighede se deelname sal die wêreld vir ons beteken,” sê sy.

Belangstellendes kan Inge kontak op 084 233 3033 of per epos na bergsigatletiek@gmail.com. Inskrywings en betalings sluit op 12 September. Die koste per span is R160.

bergsig aflos
Bergsig se voorste atlete is reeds druk aan die oefen. Hier gee Caleb Scharnick die aflosstokkie vir Jayden Stuurman aan. FOTO: VERSKAF

“Daar is geen beperking op spanne wat inskryf nie. Donasies en borgskappe sal ook welkom wees,” sê sy.

Inge sê die fondse wat genereer word sal gebruik word vir Bergsig se landloop-toer na Knysna in November. Intussen kan Kariega, Despatch en Gqeberha uitsien na ’n dag van groot pret.

Vir die laerskole

Die eerste drie spanne in elke kategorie sal medaljes ontvang. Laerskole kan spanne inskryf x 4x60m vir o.6- en o.7-atlete, 4x80m (vir o.9s), 4x100m (o.11 en o.13), 4x100m (onderwysers, gemeng) en ’n 4x1km-aflos (ope, gemengde seuns en meisies).

Vir die hoërskole

Daar is ’n 4x100m (o.15, o.17 en o.19), 800m, 200m, 100m (o.15, o.17, o.19) en ’n 1km-aflos vir seuns en meisies.

Vir die besighede en klubs

Besighede kan spanne inskryf in die 4x100m (gemeng, of mans/vroue) en 4x1km (ope, gemeng of mans/vroue).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article