Vrydag is weer een van die lekkerste dae op Despatch, want dit is tyd vir NGK Despatch-Suid se jaarlikse Pannekoekdag waar duisende van dié lekkernye gebak word.
Catrien Kloppers, organiseerder van die Pannekoekdag sê jaarliks word ’n gemiddeld van 3 400 pannekoeke gebak. Vir dié wenresep-beslag gebruik hulle: 750 eiers, 125kg meel, 37.5 liter kookolie, 1.5kg kaneel en 40kg suiker gebruik.
Die pannekoeke op die spyskaart sluit in: Kaneelsuiker (R6/pannekoek); Karamel & Piesang (R18/pannekoek); en Hoender & Mayonnaise (R18/pannekoek). Voorafbestellings vir pannekoeke kan môre tussen 12:00 en 17:00 by die kerksaal op die hoek van Kerk- en Kromstraat op Despatch afgehaal word.
- Plaas pannekoek-bestellings vandag deur Catrien te bel by 082 702 8345.




