‘n Groot eer het Colin Bartle, gewese skoolhoof van Hoërskool Despatch, te beurt geval nadat hy as die voorsitter van die SA Skole Krieketraad tydens dié raad se jaarvergadering verkies is .
Dit is die eerste keer in dié raad se geskiedenis dat ‘n persoon uit die Oostelike Provinsie as voorsitter verkies word.
Bartle is al meer as 10 jaar die onder-voorsitter van die SA Skole Krieketraad en hy het gesê, “Dit is vir my lekker om erkenning te kry na al die jare se harde werk.”
Hoërskool Despatch, waar Bartle voorheen skoolhoof was, het in ‘n verklaring gesê “Baie geluk mnr. Bartle. Ons is saam met jou trots op hierdie merkwaardige prestasie.”




