Die Hoërskool Despatch groet onderwysers Danielo van der Merwe en Sharon King, sowel as hul skoolhoof Colin Bartle, wie almal aan die einde van die kwartaal aftree.

King het vir 41 jaar by Despatch skoolgehou en was verbonde aan die Engelse departement. Van der Merwe, die adjunkhoof, was vir 35 jaar by die skool en aan die stuur van sake in die Geskiedenis-departement.

Ná 16 jaar as hoof by Despatch hang Colin Bartle sy hoed op en groet die Drakie-familie. Hy word bedank vir sy toewyding teenoor die skool, sy liefde vir die leerlinge en personeel asook sy passie vir die mense van Despatch.

Kosie Smit sal as die waarnemende hoof optree. Hy is die afgelope 35 jaar by die skool en sy harde werk, passie en toewyding is van die eienskappe wat hom geskik maak vir hierdie groot taak.

Kosie Smit.

Sharon King.

Danielo van der Merwe.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article