’n NETBAL Sportdag word Saterdag by Laerskool Ankervas by Rocklands aangebied waartydens die Nelson Mandelabaai se netbalspanne ook in aksie te sien sal wees.
Die laerskole wat gaan deelneem is Verkenner, Setlaars Park en Handhaaf. Toeskouers kan ook uitsien na die spel van Nelson Mandelabaai se senior vroue netbalspan sowel as die o.21 span. Twee van Nelson Mandelabaai se mans netbalspanne sal ook hulle talent met dié sport wys.
’n Hoogtepunt van die sportdag is die wedstryd tussen die vroue en mans wat mekaar op die netbalbaan gaan aanvat.
Die aksie begin 08:00 en duur tot 13:45.
Organiseerders sê dit gaan ’n dag propvol netbalaksie wees en die publiek word genooi om dit te beleef. Verversings sal te koop aangebied word.



