Die NG Kerk Despatch-Suid maak al gereed om weer die gewilde Pannekoekfees te hou op 8 en 9 Junie.
Dié gereg is altyd ’n wenner en inwoners van Despatch en Kariega kan nou al bestellings plaas.
Of jou smaak neig na pannekoek sonder vulsel, met kaneel, met hoender en mayonnaise, met karamel en piesang, of sommer een (of meer) van elk, hier is waar jy dit sal kry.
Dit sal jou R5 (sonder vulsel), R7 (met kaneel) of R20 (hoender en mayo, of karamel en piesang) ’n pannekoek kos. En hulle sal dit by jou deur in Kariega of Despatch kom aflaai. Aflewerings vind plaas tot 13:00. Of jy kan dit gaan haal op Vrydag, 9 Junie, vanaf 12:00.
Bestellings moet vooraf geplaas word. Kontak Catrien by 082 702 8345 of besoek NG Kerk Despatch-Suid op die hoek van Kerk- en Kromstraat, Despatch.




