Die Kirkwood Rolbalklub se 2021 Besigheidsliga is gewen deur die Lezmin-span. Hier is hulle (van links) Gerrit Lindeque, Vihan Mulder, Keenan Barbier (spankaptein), Michael Louwrens en Gerrit Kriel (klubkaptein en afrigter). Foto: VERSKAF

Kirkwood Rolbalklub se gewilde Besigheidsliga se finale wedstryde is verlede week beslis en die Lezmin-span is die nuwe kampioene.

‘n Totaal van 14 besigheids-spanne het deelgeneem en wedstryde is elke Dinsdagaand gespeel. Die Lezmin-span het al hul wedstryde gewen en slegs een van was ‘n gelykop-stryd.

Die 2021 wenners en individuele presteerders is as volg: 1. Lezmin; 2. Tibshraeny Broers (verloor slegs een wedstryd); 3. Suncape (verleer slegs een wedstryd).

Michelle Griffiths van Hoërskool Kirkwood is aangewys as die belowendste vroue-speler terwyl Schalk Nel van die Korrektiewe Dienste die belowendste rolbalspeler in die mans-afdeling was. Die Kirkwood Rolbalklub nooi enigeen wat belangstel om rolbal te leer speel uit om by die klub aan te sluit.

  • Vir gratis afrigting of inligting bel Gerrit Kriel by 079 552 6666.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article