KRAGGA Kamma Voortrekkerkommando hou hul jaarlikse kermis in samewerking met die FAK, Cantando@Algoa en Akademia op 19 Oktober by Broadwaylaan in Sunridgepark.

Dokter Rina Venter, skrywer van “‘n Stukkie van die Legkaart” se e-boekbe-kendstelling vind ook plaas vanaf 09:30 in die teetuin.

Vanaf 10:30 tot 12:00 gaan ou be-kende FAK-liedjies gesing word terwyl ‘n regte-egte opvou-bare traporreltjie, saag en trekklavier ingespan gaan word om die musiek te maak.

Ander aktiwiteit van die dag sluit in kettie-skiet, vyf groot springkasteel-variasies, kindertattoëring, diereballonne, ‘n treintjie, verfbal- skiet, trapkarre en heelwat ander vermaak.

’n Verskeidenheid tradisionele eetgoed soos pannekoek, boepensbroodjies (jaffels), worsrolle en natuurlik boeretroos moerkoffie sal ook beskikbaar wees.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article